Dries Scholtz
Vervaardiger | Producer
Dries Scholtz
Vervaardiger
Dries Scholtz het in 2005 betrokke geraak in die industrie as produksie-assistent op die televisiereeks Dryfsand. Hy het sommer vinnig vir homself naam begin maak en het op verskeie reekse soos Amalia, Andries Plak en Feast of the Uninvited as eenheidsbestuurder gewerk en met bekende regisseurs soos Koos Roets en Katinka Heyns kragte saamgespan.
Hy het ook gou in die filmbedryf begin werk aan rolprente soos Mr Bones 2, Bakgat! 2 en District 9. Nadat hy verskeie suksesvolle projekte voltooi het as eenheidsbestuurder, het Dries besluit dat die geleentheid hom voorgedoen het om meer kreatief betrokke te raak in die filmbedryf – en met die hulp van Danie Bester het hy by The Film Factory se sustermaatskappy, FiX Post Productions, aangeklop.
Hy het daarna as assisstent-redigeerder aan verskeie Film Factory-projekte begin werk, soos Wolwedans in die Skemer, Hoofmeisie en Bakgat! 2. Met Dries se ervaring in produksie sowel as na-produksie, het hy besluit om saam met sy vennoot Danie Bester Ek Joke Net 1 te vervaardig en te skryf en het daarna Ek Joke Net 2 en Agent 2000 se vervaardiging en redigering behartig.
As vervaardiger en redigeerder het Dries ’n baie goeie insig in die plaaslike bedryf, veral as dit kom by die verhouding tussen produksie en na-produksie. Hy was ook die lynvervaardiger en na-produksie toesighouer van die romantiese avontuurfilm Pad na jou Hart en die speurdrama Ballade vir ’n Enkeling. Saam met sy besigheidsvennoot Danie Bester is Dries besig om ’n groot impak op die plaaslike filmbedryf te maak.
Dries Scholtz
Producer
In 2005, Dries started out in the industry as a production assistant on the television series Dryfsand. He quickly made a name for himself and worked on various television shows as the unit manager. These included: Amalia, Andries Plak and Feast of the Uninvited, with big directors such as Koos Roets and Katinka Heyns.
He worked his way into the film industry, working on productions such as Mr Bones 2, Bakgat! 2 and District 9. After he successfully completed various projects as unit manager, Dries decided to become involved on a more creative field. With the help of Danie Bester, he created The Film Factory’s sister-company, FiX Post Productions.
Thereafter he was assistant producer on various Film Factory projects, such as: Wolwedans in die Skemer, Hoofmeisie and Bakgat! 2. With Dries’ experience in production and post-production, he decided to create Ek Joke Net 1 with his partner, Danie Bester, and then produced and wrote Ek Joke Net 2 and produced and directed Agent 2000.
As producer and director, Dries has a lot of insight into the local film industry, especially when it comes to the relationship between production and post-production. He was the line producer and post-production manager of the romantic adventure film Pad na jou Hart as well as the investigation drama Ballade vir ‘n Enkeling. Together with his business partner, Danie Bester, Dries is busy making a huge impact on the local film industry.